Tennis: Tsitsipas uitgeskakel in Halle Ope
Tennis: Die top-gekeurde Daniil Medvedev is deur na die kwarteindronde van die Halle Ope in Duitsland. Die Rus het kwaai teenstand van die Serwiër, Laslo Djere, oorkom en hom met 6-3, 6-7 en 6-3 geklop om sy tiende toersege-kwarteindstryd vanjaar te haal. Medvedev kom in die laaste agt teen Roberto Bautista Agut van Spanje te staan nadat laasgenoemde die Amerikaner Brandon Nakashima met 7-5 en 7-6 verslaan het. Alexander Zverev van Duitsland het ‘n gemaklike oorwinning van 6-2 en 6-4 oor die Kanadees Denis Shapovalov behaal. Stefanos Tsitsipas van Griekeland het ‘n skokkende nederlaag gely toe Nicolas Jarry van Chile hom in skoon stelle verpletter het.