DA: Een verpleegkundige vir elke 2 300 pasiënte
Die DA het die ernstige tekort aan verpleegkundiges in die openbare gesondheidsektor in Suid-Afrika uitgewys. Slegs 22 090 verpleegkundiges is beskikbaar om meer as 50 miljoen mense te bedien, wat neerkom op ‘n verhouding van een verpleegkundige vir elke 2 300 pasiënte. ʼn Woordvoerder van die DA, Michele Clarke, waarsku die regering se onvermoë om aandag te gee aan die bestaande tekort en gebrek aan dringendheid, is slegte nuus vir die toekomstige inwerkingstelling van die Nasionale Gesondheidsversekering.