Formele erkenning van taxibestuurders geëis

Die vakbondfederasie Saftu en die taxi-organisasie, Qina Mshayeli, eis die formele erkenning van taxibestuurders en ander personeellede deur die departement van indiensneming en arbeid. Die organisasie het ten doel om billike behandeling vir alle kategorieë werkers in die taxibedryf te verseker. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, doen ‘n beroep op die departement om te verseker taxibestuurders ontvang toepaslike voordele.