Olimpiese Spele: Polisie slaan toe op hoofkwartier in Parys
Olimpiese Spele: Ondersoekers teen korrupsie en finansiële misdaad en die finansiële brigade van die Paryse polisie, het toegeslaan op die hoofkwartier van die reëlingskomitee van Parys 2024, en die kantore van Solideo, wat verantwoordelik is vir die Olimpiese bouterreine. Die ondersoekers fokus glo op moontlike korrupsie of finansiële wangedrag wat verband hou met die voorbereidings vir die Spele. Die polisie ondersoek bewerings van begunstiging en die misbruik van openbare fondse in die toekenning van boukontrakte. Die Spele vind vanaf 26 Julie tot 11 Augustus volgende jaar plaas.