Gautengse premier: Ondersoek volg oor werwingsprogram
Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het diepe kommer uitgespreek oor die verspreiding van vals beelde en stemnotas op sosiale media rakende die Nasi iSpani-werwingsprogram. Ondanks die geslaagde bekendstelling daarvan, het sosiale media-inhoud na vore gekom wat beweer die CV’s van aansoekers is weggegooi en sal nie verwerk word nie. Die premier se woordvoerder, Vuyo Mhaga, sê ‘n ondersoek is aan die gang om die bron van die video’s en beelde te bepaal, en toepaslike stappe sal gedoen word.