Raskwota in waterpermit is ‘n fout – Agbiz
Die Suid-Afrikaanse landbousakekamer, Agbiz, sê die onlangse konsepregulasies oor water is ‘n voorbeeld van beleidsfoute wat Suid-Afrika eerder moet vermy. Volgens die voorgestelde wysigings aan die Waterwet sal boere 75 persent swart aandeelhouers moet hê om ‘n waterlisensie te kry. Landbougroepe waarsku die instelling van die sogenaamde raskwotas sal vernietigend wees. Agbiz sê die konsepregulasies is een van die faktore wat vertroue in die kommersiële landbousektor tot op sy laagste vlak sedert die ergste Covid-19-inperkings laat tuimel het.