‘Tienling’ se ma gearresteer vir vermiste persoon

Die prokureur van ‘n Gautengse vrou wat na bewering vroeër vandeesmaand aan ‘n tienling geboorte gegee het, het die polisie van magsmisbruik beskuldig. Die polisie het Gosiame Sithole glo aangehou en haar toegang tot ‘n regsverteenwoordiger geweier. Haar advokaat, Refiloe Mokoena, sê die polisie het Sithole teen haar wil aangehou. Volgens media in die buurland hou dit blykbaar verband met ‘n saak van ‘n vermiste persoon wat deur haar lewensmaat, Teboho Tsotetsi, se familie geopen is om haar op te spoor. Geen foto’s van die tien babas is tot dusver nog vrygestel nie.