EFF wil Pole laat vergeld oor verbod op toegang
Die EFF doen ‘n beroep op die regering om die Poolse ambassadeur in Suid-Afrika te herroep en die Poolse ambassade in die land af te gradeer. Dit volg nadat 120 lede van die president se sekuriteitsgroep en lede van die media op ‘n SAA-huurvlug meer as 26 uur lank op die Chopin-lughawe in Warskou gestrand was. Die presidensiële beskermingsdiens het nie spesifieke toestemming van die doeane gehad om wapens in die land in te neem nie. Die EFF sê die regering moenie ligtelik reageer om Suid-Afrika se soewereiniteit en waardigheid te beskerm nie.