Calle se ontsoutingsplan uit die blokke uit
Die munisipaliteit van Hentiesbaai vra die publiek om besware in te dien oor NamWater se beplande ontsoutingsaanleg wat op die dorp gebou sal word. Die projek is reeds in 2019 van stapel gestuur met SLR Omgewingskonsultante wat openbare vergaderings gehou het om water per pyplyn van die kus na die sentrale gebied te vervoer. ‘n Impakstudie is in 2020 uitgevoer en die uitslae was in 2021 bekend. Die projek sal watervoorsiening aan die kusgebied, sowel as Usakos, Karibib, Okahandja en Windhoek verseker. Nou sê die plaaslike owerheid aan die kus dat hy die gebied, bekend as Plaas Hentiesbaai nommer 133, net noordoos van die C34 na Terracebaai, wil hersoneer en aan NamWater voorsien. Enige kommentaar of besware kan by Stubenrauch-ingenieurs en die Hentiesbaai-munisipaliteit ingedien word.