Gay-huwelike: Swapo gee gematigde antwoord, sal definisie van ‘gade’ aanspreek

Swapo se sentrale komitee het vergader oor die kwessie van gay-huwelike en die nou omstrede beslissing van die hooggeregshof. Die party het ‘n uiters gematigde verklaring uitegereik waar hy sê hy respekteer die grondwetlike skeiding van die regbank, wetgewer en regering. Die party het ook gevra dat mense kalm bly en eerder verstaan dat die beslissing nie gay-huwelike wettig in Namibië maak nie, maar eerder, dat buitelandse gades in sulke huwelike, wat elders betree is, dieselfde verblyfreg in Namibië het as dié in man-vrou huwelike. Die party sê hy sal opdrag gee dat die definisie van ‘gade’ aangepas word sodat dit nakoming van die party en land se standpunt – dat ‘n huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou is – ondersteun.