Een uit 5 Afrika-kinders het basiese vaardighede na graad 7

Die Global Education Monitoring Report moedig beleidmakers aan om onderwys op die vasteland voorrang te gee. Luidens die verslag het slegs een uit elke vyf kinders in Afrika basiese opvoedkundige vaardighede verwerf teen die tyd dat hulle laerskool voltooi. Die opvoedingsaktivis en stigter van Malaika, Noella Coursaris Musunka, sê kinders in Afrika is vyf keer minder geneig om die basiese beginsels te leer teenoor kinders elders in die wêreld. Sy benadruk dat die toekoms van die vasteland afhang van die verwesenliking van die potensiaal van Afrika se kinders, deur middel van leergeleenthede: