Wees bly, brandstofpryse sou normaalweg stygJune 27, 2025

Die energie-ministerie het uitgebreide redes verskaf vir die besluit om die brandstofpryse onveranderd te laat, en natuurlik het alles te doen met internasionale onstuimigheid. Die olieprys ry wipplank tesame met geopolitieke bewegings, en alles bly onvoorspelbaar. Daar was groot onderverhalings van meer as 50 sent per liter petrol en beide tipes diesel, wat normaalweg sou lei tot hoër pryse. Die Nasionale Energiefonds sal egter die onderverhalings absorbeer en dra. Dus kos petrol in Walvisbaai 20 dollar 37 sent per liter, met diesel 50ppm op 19 dollar 92 en 10ppm diesel 20 dollar 2 sent per liter.