VSA se hoë besoek Namibië oor stryd teen MIV/vigs
Die ambassade van Amerika in Namibië het die eerste amptelike besoek van die Amerikaanse Global Aids-koördineerder, ambassadeur John Nkengasong, aan Namibië aangekondig. Hy sal met Namibiese regeringsamptenare en belanghebbendes in gesprek tree en eerstehands die sukses van Namibië se innoverende MIV-voorkoming-, sorg- en behandelings-programme sien deur verskeie terreine regoor Windhoek te besoek. Sondagmiddag sal hy Katutura-staatshospitaal besoek. Dr. Nkengasong sal ook die land se planne vir volgehoue reaksie op die beëindiging van MIV/vigs as ‘n openbare gesondheids-bedreiging met die regering en ander belanghebbendes bespreek.