Malango verwelkom oordrag van vaardighede in mynsektor

Die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese van Namibië Veston Malango sê die kabinetsbesluit oor die verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale soos onverwerkte litium-erts, kobalt-mangaan, grafiet en seldsame aardmetale word verwelkom. Volgens die kamer is dit nodig vir die regering om die uitvoer van onverwerkte kritieke minerale te beheer en te reguleer om werkskepping te ondersteun en die ekonomie te laat groei. Die kamer verwelkom ook die oordrag van vaardighede en tegnologie om self die minerale te prosesseer om uitgevoer te word. Malango het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…