NSA: Inkrimping in vervoer-inflasie in Mei

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se inflasie-syfers vir Mei is, is voedsel en nie-alkoholiese drankies, en drank en tabak die grootste bydraers tot die styging in inflasie, gevolg deur vervoer. Die vervoer-kategorie wat 14,3 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, het ‘n jaarlikse inflasiekoers van 4,5 persent in Mei geregistreer vergeleke met 16,7 persent wat in Mei verlede jaar aangeteken is. Maand-tot-maand het vervoer ‘n inkrimping van 0,6 persent in Mei vanjaar geregistreer vergeleke met inflasie van 0,5 persent wat gedurende April geregistreer is.