Drie Fishrot-beskuldigdes in hof oor AG se beperkingsbevel

Fishrot-beskuldigdes James Hatuikulipi, die voormalige minister van justisie Sacky Shanghala, en sakeman Pius Mwatelulo verskyn vandag in die Windhoekse hoërhof. Hatuikilipi het aanklaer-generaal Martha Imalwa hof toe gesleep nadat sy ‘n bevel van voorlopige beperking teen hom gekry het, wat hom verbied om enige van sy eiendom te gebruik hangende sy moontlike skuldigbevinding op aanklagte in die Fishrot-skandaal. Die aanklaer-generaal sê Hatuikulipi het net meer as 58 miljoen Namibiese dollar uit die Fishrot-skandaal verdien. Hy staan tereg op 40 aanklagte, insluitend bedrog, rampokkery en geldwassery Tien ondernemings, waarvan sommige saam met Shanghala besit word, word deur die beperkingsbevel geraak.