Geen verdraagsaamheid teenoor Tshwane-grondbesetters

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê die stad handhaaf ʼn benadering van geen verdraagsaamheid teenoor grond-besettings en sal elke moontlike maatreël inspan om hierdie onwettige praktyk in die kiem te smoor. Dit volg nadat vier mense in Kameeldrift noord van Pretoria in hegtenis geneem is in verband met grond-besetting en bedrog. Volgens Brink het die grondbesettings-eenheid van die Tshwane-metropolisie ʼn wenk van inwoners ontvang oor erwe wat afgemerk en verkoop word op grond wat vermoedelik aan die stad behoort.