Vleisraad stel nuwe raadslede aan

Die landbouministerie het vandag die nuwe raadslede van die Vleisraad van Namibië aangekondig. Advokaat Lucia Hamutenya is nou die voorsitter en Paul Klein is die ondervoorsitter. Rosalinda Katjivena en Julene Meyer is heraangestel. Die raadslede sal vir drie jaar op die raad dien. Die landbouminister Calle Schlettwein, het beklemtoon dat lewendehawe-produksie uiters belangrik vir die Namibiese ekonomie is.