Nored skuld blykbaar die meeste aan NamPower, Rehoboth en Windhoek ook daar

NamPower bly in die nuus om verskeie redes, die eerste sy dreigende beurtkrag die sy debiteure wat hom geld skuld, en die tweede, sy uitdagings met Eskom se voortslepende kragopwekkings-probleme. Die maatskappy sê verskeie plaaslike owerhede en kragverspreiders skuld hom 1,5 miljard Namibiese dollar. Van die totaal is die grootste debiteur Nored, die noordelike kragverspreider wat 23 persent van die skuld dra, gevolg deur Rehoboth met 10 persent, Windhoek met 9 persent en ErongoRed met 5,6 persent. Die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Simson Haulofu sê hulle oorweeg die ontplooiing van voorafbetaalde meters vir grootmaatkliënte om die ophoping van skuld te verhoed.