Pampoentjies breek uit in die Noordwes

Die Noordwes Departement van Gesondheid sê hy is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na die uitbreking van pampoentjies in die land. Die virusinfeksie, wat hoofsaaklik kinders tussen vyf en nege jaar oud affekteer, kan deur inenting voorkom word. Pampoentjies veroorsaak pynlike swelling van al die speekselkliere in die gesig en by die ore, en is oor die algemeen ‘n minder ernstige kindersiekte. Die departement se woordvoerder, Tebogo Lekgethwane, sê net in die dr Kenneth Kaunda Distrik alleen, is daar tot dusver 276 gevalle aangemeld: