Outa sê onetiese en swak leierskap verniel plaaslike owerhedeJune 20, 2025

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die probleme met plaaslike regering word veroorsaak deur swak en onetiese leierskap, nie swak wette nie. Die organisasie sê in sy voorlegging oor die konsep-witskrif oor Plaaslike Regering dat korrupsie, politieke inmenging en ’n gebrek aan aanspreeklikheid wydverspreid is. Julius Kleynhans van Outa sê meer as die helfte van munisipaliteite is bankrot of wankelrig, met swak dienslewering, stygende skuld en mislukte infrastruktuur: