Eskom pas beurtkrag op Namibië toe

Die uitvoerende hoof van NamPower Simson Haulofu sê Eskom pas reeds ‘n geruime tyd beurtkrag op Namibië toe. Hy sê die maatskappy het geen vooraf waarskuwing daarvan gegee nie maar, dat die stap nie die bepalings van die kontrak oortree nie. Wanneer dit gebeur, koop NamPower elektrisiteit aan by die Suider-Afrikaanse kragpoel, wat uiters duur is. Volgens Haulofu koop die maatskappy 180 megawatt aan vanuit Zambië, net 100 megawatt by Eskom en 80 megawatt vanuit Zimbabwe. Daar is kommer oor energie-sekerheid veral met Eskom wat fase nege-beurtkrag oorweeg gedurende die winter wanneer vraag na elektrisiteit hoër is.