Inter is (uiteindelik) deur na eindstryd in Kampioeneliga

Die driemalige wenners, Inter Milan, is die eerste keer in 13 jaar deur na die Kampioeneliga-eindstryd nadat hulle AC Milan by San Siro met 1-0 verslaan het. Lautaro Martinez het die wendoel aangeteken, ná verlede week se oorwinning van twee doele in die eerste been. Simone Inzaghi se span kom op 10 Junie teen Real Madrid of Manchester City te staan in die eindstryd wat in Istanbul, Turkye, beslis word. Denzel Dumfries van Inter sê hulle is vol vertroue oor hulle kanse in die eindstryd, want hulle is ‘n moeilike span om te klop: