SA se graad 4-leerlinge kan nie met begrip lees nie
Die Suid-Afrikaanse onderwysersvakbond Sadou is diep ontsteld oor die onlangse statistieke wat onthul dat 81 persent van graad 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie. Die hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, beklemtoon die behoefte aan bykomende opleiding om onderwysers met doeltreffende onderrigmetodes toe te rus. Hy glo belegging in onderwysers-opleiding sal ‘n deurslaggewende rol speel in die verbetering van die gehalte van onderwys en die uitdagings om met begrip te lees waarmee Suid-Afrikaanse leerders te kampe het: