Nampol kan nie goedere aan buurtwagte gee nie, maar, staan hulle wel by

Die Namibiese polisie sê hy staan buurtwagte in die land by om misdaad te help bekamp, net soos in die Wes-Kaap. Die Wes-Kaapse regering meen dit noodsaaklik dat hulle moet toesien dat buurtwagte ten volle toegerus is om as vrywilligers ‘n doeltreffende rol te speel. Buurtwagte raak oral al hoe meer belangrik om misdaad te bekamp. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Namibiese polisie in die Khomas-streek gesels met Kosmos 94.1 Nuus.