Reaksie oor G7

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het die afgelope G7-beraad in Engeland bygewoon en het ‘n beroep op die lande gedoen om Afrika te help om die Covid-pandemie te beveg. Die Suid-Afrikaanse beleggings ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Ramaphosa se bywoning van die beraad.