WGO se aankondiging oor Covid verwelkom

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het die aankondiging van die Wêreldgesondheids-organisasie verwelkom dat Covid-19 nie meer ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale belang is nie. Die departement waarsku egter die pandemie bly ‘n belangrike oorsaak van sterftes, veral onder bevolkings met ʼn hoë risiko. Volgens woordvoerder Foster Mohale is die huidige aantal gevalle laer as tydens die hoogtepunt van die pandemie.