Oekraïnse President ontken sluipmoordaanval op Putin
Oekraïne se President Volodymyr Zelensky het Rusland se bewerings dat sy land agter ‘n sluipmoordaanval op President Vladimir Putin was, ten sterkste ontken. Die Kremlin sê hommeltuie het Woensdag Putin se woning in sentraal Moskou geteiken, maar hy was toe nie daar nie. Rusland bestempel dit as ‘n beplande terreurdaad en ‘n sluipmoordaanval op die President, en die land behou die reg voor om vergeldingsmaatreëls in te stel, waar en wanneer ook al dit nodig geag word. Zelensky sê op sy beurt, ‘n aanval op die Kremlin sou niks op die slagveld verander nie.