Gebrek aan leierskap by SA Maritieme Veiligheidsowerheid  

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid staar leierskaps-probleme in die gesig en is word beskuldig van verkwistende uitgawes. Samsa het sedert Mei 2016 nie ‘n permanente uitvoerende hoof nie en talle bestuurders is in waarnemende posisies. Die woordvoerder van Outa, Rudie Heyneke, doen ‘n beroep op die parlement se portefeuljekomitee oor Vervoer om deeglik ondersoek in te stel na Samsa se sake.