Winter El Niño bring uitdagings vir Australië

Die Australiese Buro vir Meteorologie het pas ‘n nuwe uitkykstatus uitgereik waarin aangekondig word dat daar tekens bestaan dat El Niño-toestande tydens die komende winter kan vorm. Die verskynsel veroorsaak tot 18 persent minder reën in die winter in die oostelike dele van die land en 17 persent minder in die westelike dele. Berigte lui dat nooddienste, boere en sektore soos konstruksie reeds voorberei vir ‘n droeë winterseisoen. Daar is tans ‘n 86 persent kans dat die weerverksynsel na die einde van die jaar sal domineer. Dit is uiters slegte nuus vir lande in die Suidelike Halfrond, Namibië ingesluit, maar, daar is groot verligting in lande soos Kenia en Somalië waar wydverspreide reënval vir die eerste keer in drie jaar voorkom.