Moratorium op staatsbegrafnisse tot Maart ’26July 4, 2025
Die kabinet het die moratorium op staatsbegrafnisse goedgekeur. Dit is reeds op 16 Junie in werking gestel en sal duur tot 31 Maart volgende jaar. Volgens die inligtingsministerie sal die kriteria en prosesse hersien word. Die kabinet sê die goedkeuring het geen impak op die president se reg om ‘n staatsbegrafnis toe te ken nie. ‘n Hersieningskomitee met sewe lede sal daargestel word om ‘n verwysingsraamwerk vir staatsbegrafnisse te skep. Die belastingbetaler het in die vorige boekjaar 38,4 miljoen Namibiese dollar betaal vir staatsbegrafnisse.