Verwerking verbeter waarde van visuitvoere

Die makelaarsfirma Simonis Storm sê die waarde van visuitvoere het in Februarie met 21,8 persent gestyg teenoor die 2022 syfer vir dieselfde tydperk. Die styging in Januarie is op 29,5 persent gemeet. Die styging kom ten spyte van ‘n daling in visuitvoere en word toegeskryf aan aanlandige prosessering en ‘n swak wisselkoers met die Amerikaanse dollar. Die firma meen dat die sektor dus beter sal vertoon maar, daar is uitdagings. Eotsha Fishing het vroeër die maand aangekondig dat hy reeds die arbeidskommissaris in kennis gestel het dat hy 480 werkers moet aflê. Die maatskappy verwerk en blik sardyne maar daar is sedert 2018 ‘n moratorium op die vang van die spesie. Getalle het skerp gedaal en die minister van visserye, Derek Klazen, het ook onlangs bevestig dat kwotas eers beskikbaar gestel sal word as die spesie se getalle genoegsaam herstel het. Etosha het 450 permanente werkers met 30 wat seisoenaal aangestel word.