F1 is terug in Azerbaijan, Alonso is tevrede met sy Aston Martin se vertoning
Formule Een is ná ‘n afwesigheid van ‘n maand dié naweek weer in aksie met die Azerbaijan Grand Prix. Red Bull het die eerste drie wedrenne van die seisoen ingepalm met die verdedigende kampioen, Max Verstappen, wat voorloop in die bestuurderskampioenskap, gevolg deur sy spanmaat, Sergio Perez. Aston Martin se Fernando Alonso is in die derde plek. Dié Spaanse veteraan wat in ál drie die laaste wedrenne onder die eerste drie geëindig het, sê die span is baie tevrede met die algehele vertoning van die motor: