Dalende salarisse – inflasie kry die skuld in SA

Inflasie kry die skuld vir die verswakking van die netto-salaris van werkende Suid-Afrikaners. Die netto-salaris het op ‘n maandelikse grondslag afgeneem. Volgens BankservAfrica word hierdie onverwagse afname toegeskryf aan die styging in inflasie, wat in Maart 7,1 persent bereik het en gelei het tot laer gemiddelde salarisse. Die onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê ander ekonomiese faktore speel ʼn rol: