DA sê ANC se ommekeer oor Rome-statuut is verleentheid

Die DA sê in ‘n verstommende u-draai, net ure nadat President Cyril Ramaphosa en die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, die media ingelig het oor Suid-Afrika se voorneme om aan die Internasionale Strafhof te onttrek, het die Presidensie in ‘n verklaring verskoning gevra vir misplaaste uitlatings. Die Presidensie het verduidelik die ANC wil inderdaad hê Suid-Afrika moet ʼn lid van die internasionale liggaam bly. Die skaduminister van buitelandse sake in die DA, Emma Louise Powell, sê hierdie diplomatieke ommeswaai bewys net hoe diep ideologiese verdeeldheid binne die ANC is.