Carroll getuig in haar verkragtingsaak teen Trump
Die Amerikaanse skrywer en gewese rubriekskrywer, E. Jean Carroll, het getuig in haar siviele saak teen Donald Trump wat sy sê haar drie dekades gelede in ‘n New Yorkse afdelingswinkel verkrag het. Trump het Carroll se bewerings herhaaldelik ontken en haar ‘n leuenaar genoem. Hy het in 2019 so op haar aantygings gereageer.
Hy het ook op sosiale media geskryf die saak is ‘n bedrogspul en is toe deur die regter gewaarsku om geen verdere kommentaar daaroor te maak nie. Trump het nog ‘n terugslag beleef toe hy sy appèl teen die hof se beslissing dat Mike Pence, hy adjunk tydens sy ampstermyn, voor die komitee wat die 6 Januarie opstand ondersoek getuig, verloor het. Trump wou dit verhoed.