Akkerbouraad sê meer moet gedoen word vir graan-selfstandigheid

Die Namibiese Akkerbouraad sê meer moet gedoen word om Namibië se afhanklikheid op graaninvoere te verminder. Die raad sê 59 persent van grane is in die vorige boekjaar ingevoer. Verbouding van vrugte en groente het beter vertoon met amper 86 000 ton ter waarde van 1,6 miljard Namibiese dollar wat uitgevoer is teenoor die net meer as 59 000 ton in die 2021-22 boekjaar. Tafeldruiwe het 57 persent van die uitvoere beslaan. Die vraag na witmielies staan op net minder as 167 000 metrieke ton waarvan amper 60 persent plaaslik verbou is. Koringproduksie vaar nog swakker met 82 persent wat ingevoer word. Boere vaar baie beter met mahangu-produksie wat 86 persent van die vraag wat plaaslik voorsien word.