VF Plus stel ekonomiese herstelplan bekend
Die Vryheidsfront Plus het, in samewerking met ekonome, Jannie Rossouw en Mike Holland, ‘n ekonomiese herstelplan bekend gestel. Die plan bied ‘n kritiese ontleding van die redes vir die ekonomiese agteruitgang onder die ANC-bewind en bespreek beleidsfaktore soos Swart Ekonomiese Bemagtiging en die rol van die privaat sektor. Die VF Plus glo die ANC-regering gaan binnekort deur ‘n koalisieregering vervang word, waarvan hulle ‘n integrale deel sal wees.