VSA: Aborsiepil bly midde hofsaak

Die hoogste hof in Amerika het beslis dat ‘n aborsiepil wat algemeen gebruik word, voorlopig beskikbaar kan bly terwyl ‘n hofsaak teen die pil voortgaan. Die hof het ook beperkings op die gebruik van die pil, wat deur ‘n laer hof ingestel is, verwerp. ‘n Regter in Texas het vroeër gepoog om die pil se FDA-goedkeuring ongeldig te verklaar, wat die toekoms van die middel in gedrang geplaas het. Die saak het wydverspreide implikasies vir toegang tot aborsies in Amerika, nadat die hoogste hof in Junie verlede jaar die Roe teen Wade-aborsie-beslissing ter syde gestel het, wat landwye toegang tot aborsies verseker het. Dié hofbeslissing het individuele state in staat gestel om aborsies te verbied. Na Vrydag se hofbeslissing sal die saak nou verder deur ‘n laer appélhof aangehoor word.