Bipa vier Intellektuele-eiendomsdag met opleiding op Otji
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, vier vanjaar Wêreld Intellektuele Eiendoms-dag op 26 April op Otjiwarongo. Bipa sal twee daagse opleiding aan vroulike entrepreneurs koördineer en organiseer. Vanjaar se tema gefokus op vroue. Hierdie projek sal as ‘n platform dien om te verseker dat vroue erken word as die skeppers van spesifieke innovasies, literêre en artistieke werke, ontwerpe en sagteware. Ainna Kaundu, uitvoerende direkteur van die intellektuele eiendom se registrasiedienste deel die belangrikheid van dié dag met Kosmos 94.1 Nuus.