Namibië en SA onderteken ooreenkomsteApril 20, 2023
Beplanning het begin om samewerking met handel en beleggings tussen Namibië en Suid-Afrika te verstewig. Dit volg na die ondertekening van nuwe ooreenkomste om die formele omvang van samewerking tussen die twee lande uit te brei. President Cyril Ramaphosa was tydens sy staatsbesoek die gasheer vir sy Namibiese eweknie, President Hage Geingob. Ramaphosa sê hy is verheug dat noemenswaardige vordering gemaak is op verskeie terreine van samewerking tussen die twee lande.