Talle huishoudings staar voedselonsekerheid in die gesigApril 19, 2023
Huishoudelike voedselsekuriteit het oor die algemeen in die meeste dele van Namibië verswak weens die lae en sporadiese reënval. Die Namibiese landbouministerie het vandag hul verslag oor gewas-vooruitsigte en voedselsekerheid van Maart 2023 uitgereik. Gegewe die huidige situasie waar die produksie na verwagting in die meeste streke gaan afneem, sal baie huishoudings waarskynlik voedsel-onsekerheid in die gesig staar, omdat oeste verlep het sonder hoop op herstel. Weiding en vee se kondisie wissel tussen swak en goed, waar swak tot redelike toestande in die noordelike sentrale streke van Ohangwena, Omusati, Oshana en Oshikoto, asook Kunene en sommige dele van Erongo-streek aangemeld is.