PDM gee reaksie op repokoers-styging

Die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani het sy reaksie op die repokoers-verhoging gee wat vandag deur die Bank van Namibië aangekondig is. Die repokoers is met 25 basispunte opgestoot vanaf 7 persent tot 7,25 persent. Venaani het op sy Twitter-blad gesê die verhoging van die repokoers om inflasie te beveg, blyk nie die regte resep te wees nie, aangesien dit verbruikers meer seermaak en beslagleggings verhoog. Kosmos 94.1 het met die PDM se skaduminister van finansies, Nico Smit, gepraat wat die party se standpunt gedeel.