Lasbrief vir Markus Jooste, daag nie by hof op nie
Duitse aanklaers het aansoek gedoen om ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, nadat hy versuim het om Dinsdag in ‘n Duitse hof te verskyn. Hy staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend rekeningkundige bedrog. Jooste se regspan het verduidelik sy reisdokumente word vermis en hy kon ook nie Suid-Afrika verlaat nie weens ‘n ooreenkoms wat in 2017 met die plaaslike Departement van Justisie ondergaan is. Hy kan in hegtenis geneem word indien hy probeer om die land te verlaat. Die aanklaer, Frank Lohmann, sê dit lyk of Jooste die Duitse regsproses wil vermy.