Facebook-verkragter is in SA gebore, maar nie geregistreer

Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, sê die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester is in Suid-Afrika gebore, maar is nooit geregistreer op die departement se databasis nie. Hy het inligting gegee oor binnelandse sake-verwante aspekte van Bester en sy minnares Nandipha Magudumana se saak, soos identifikasie- en reisdokumente. Motsoaledi sê inligting van Bester se ma, Mercy Mabaso, het die owerhede gelei na die Chris Hani Baragwanath-hospital in Johannesburg. Hy sê daar is bevestig Bester is op 13 Junie 1986 gebore.