Wlotzka-ontwikkeling: Goewerneur sê oor watervoorsiening

Die opknapping en formalisering van Wlotzkasbaken, net noord van Swakopmund, is in die nuus. Die beplanning sluit winkels, moderne woongebiede en ‘n plaaslike administrasie in. Die Erongo-streeksraad het ‘n omgewingsimpak studie van stapel gestuur vir die projek. Wlotzka, soos dit bekend staan onder inwoners aan die kus, word gekenmerk deur verafgeleë huise met hul eie watertenke en kragvoorsiening. Daar is tans 522 erwe met verskillende sonering wat beskikbaar gestel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, gesels oor die projek en veral die beplanning met watervoorsiening vir ‘n nuwe, uitgebreide woonbuurt.