SA-spanne almal uit Kampioenebeker uit

Suid-Afrika is uit die Kampioenebeker nadat die Sharks en die Stormers teen hul kwarteindronde-teenstanders verloor het. In een van gister se wedstryde het Toulouse die Sharks 54-20 geklop en vir die vyfde agtereenvolgende seisoen die Beker-halfeindstryd bereik. Die vyf-malige wenners kom volgende teen Leinster te staan in wat ‘n herhaling sal wees van die Ierse span se oorwinning verlede jaar op dieselfde stadium van die kompetisie.  Leinster het Vrydag ‘n 55-24 oorwinning teen Leicester behaal. Exeter het gisteraand die Stormers op Sandy Park aangedurf en hulle oortuigend met 42-17 geklop. La Rochelle pak vandag vir Saracens in die laaste kwarteindstryd.