Stad Whk begin konsultasies oor begroting, stewige verhogings verwag

Terwyl daar voorspellings is vir dubbel-syfer verhogings in die koste van water en elektrisiteit, kom die nuus dat die raad van Stad Windhoek binnekort konsultasies met relevante belanghebbendes sal begin voordat sy begroting vir die 2023–24 finansiële jaar gefinaliseer word. Die huidige struktuur in die munisipaliteit bepaal dat die publiek betrek word, insluitend belanghebbendes soos onder andere die streeksraad en die Belastingbetalersvereniging. Die Stad sê ‘n werkswinkel sal gereël word waar elke departement sy begroting aan die raad sal voorlê en verdedig. Beide NamPower en NamWater het uitdagings. Die kragnutsmaatskappy het verliese van 2 miljard Namibiese dollar aangeteken en NamWater het infrastruktuur uitdagings. Daarom sê ekonome verbruikers sal ‘n stewige verhoging in dié tariewe in die gesig staar.