30 Oekraïnse kinders met ouers herenig

Meer as 30 kinders is die naweek met hulle gesinne in Oekraïne herenig na ‘n lang operasie om hulle terug te bring huis toe uit Rusland of die Russies-besette Krim. Hulle is geneem uit gebiede wat tydens die oorlog deur Russiese magte beset is. Kiëf sê 19 500 kinders is na Rusland of die Russies-besette Krim geneem van die inval deur Moskou af, in wat hy veroordeel as onwettige deportasies. Moskou sê hulle is vir hulle eie veiligheid weggeneem. Intussen het Rusland formeel die Wall Street Journal-verslaggewer Evan Gershkovich aangekla van spioenasie in Rusland. Gershkovich ontken die aanklagte.