Afrikaanse Wikipedia-span besoek Windhoek

Die Afrikaanse Wikipedia-span uit Suid-Afrika besoek Windhoek op 27 April om Namibiërs bekend te stel aan die Afrikaanse weergawe van hierdie aanlyn ensiklopedie en om vrywilligers op te lei om artikels te kan skep op dié platform. Die Afrikaanse Wikipedia groei sterk en is tans die grootste Wikipedia op die Afrika-vasteland met meer as 107 000 artikels wat dit in die 69ste plek op die wêreldranglys plaas. Die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, Deon Steyn, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…